Ons is so geneig om agter almal behalwe onsself te kyk…
Vir so lank as wat ek kan onthou, was almal se wellness en geluk meer belangrik as myne. Ek’t altyd gesorg dat almal eers uitgesort is voor ek even dink om iets vir myself te doen.
Dit het ook nie gehelp dat ek die enigste stable werk gehad het terwyl my man gelewe het, en die lewe was net hustle, making ends meet and surviving.
Vir die laaste paar weke het ek myself kans gegee om nuwe dinge te ervaar en om dinge te doen wat ek so baie graag wou doen. Dit was ook belangrik vir my om met die regte mense dit te wil doen.
Kan ek net sê SJOE!! Maar dit voel goed om na myself te kyk. Soms is ons so gefokus op dit wat ons nie het, dat ons nie dit sien wat ons het nie.
My les die week was dat ek aandag skenk aan dit wat ek het, waardering toon daarvoor en dan vorentoe te beweeg met my lewe.
So wat het ek gedoen om na myself te kyk? Wel, ek het een aand alleen in ń hotel gaan slaap om tyd met God te spandeer en ek het myself ook ingeboek vir ń half-day Spa day waar ek die hele tutti frutti gekry het: full body, neck & shoulder and foot massage… Dit was nou heerlik!
Dit was iets nuuts vir my maar ek het tog besef hoe noodsaaklik dit was vir my. Vriendin/Vriend moenie so gefokus is om te survive dat jy vergeet om te thrive nie! Jy verdien die beste in die wêreld en net jy kan die verskil maak in jou lewe.
Dit is nog nie te laat om nuwe dinge te ervaar nie…Vra my, sodra jy dinge opnuut ervaar, wil jy dit ń gewoonte maak.
So doen dit! Jy is worth it!
Al my liefde
Zen
0 Comments