Written by Guest Contributor

Motivation by Zen

0 Comments(s)

30 Aug, 2021

Ek is op ‘n plek in my lewe wat ek so versigtig is wie ek toe laat daarin. Elke ding word 10 keer oor gedink en noukeurig bekyk.

Is dit wat gebeur wanneer jy so erg seergekry het in die verlede? Elke persoon en veral mansmense kry heelwat die ‘pedigree’.

Maar ek wil vir jou vandag bemoedig, moenie ‘settle’ nie. As jy ‘n kans soos ek nou het kry, geniet jou alleentyd en wees versigtig, baie versigtig, wie jy inlaat.

Soms is jou emosies so op en af, jy dink nie reguit nie en dan laat jy baie toe omdat jy nie alleen wil wees nie, jy smag om iemand naby jou te hê. Dis normaal. Dit is ook in hierdie oomblikke wat ek God gevind het.

Dis in hierdie oomblikke wat ek by God se Voete kom huil het, en gevra het dat Hy die leemtes in my sal vul. Dis in hierdie oomblikke van alleen voel dat ek eintlik baie mense se ware kleure gesien het.

Het dit my laat weg beweeg van hulle af? JA, dit het, maar nie oor hulle nie – oor myself sodat ek my ‘boundaries’ enforce en behou.

Ons is nooit werklik alleen nie God is altyd daar en dis wat ek die afgelope tyd ervaar. Mens sal ons teleurstel, maar God nooit.

Hou by jou keuses en staan daarop, die wêreld om jou sal ‘adjust’. Jy verdien vrede in jou hart en mense om jou wat net die beste vir jou wil hê, maar jy moet ook die beste vir jou wil hê.

Don’t make a decision out of a place of desperation, you will save yourself a whole lot of heartache and misery.

Al my liefde

Zen 

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You May Also Like…

Changes

Changes

Life is forever changing; we should also be ever-changing, evolving, and learning. As I write this, I reflect on...

Self Destruct

Self Destruct

Ever gotten to that point of self-destruction, you are tired of living up to people's expectations, and you just want...

There comes a time

There comes a time

There comes a time... There comes a time where the striving ceases. The constant having to prove yourself, living up...